Luke 13:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het ook hierdie gelykenis vertel; 'n Sekere man het 'n vyeboom in sy wingerd laat plant; en hy het gekom en vrugte daarop gesoek en niks gekry nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe het Jesus hierdie gelykenis vertel: “’n Man het ’n vyeboom in sy tuin geplant en telkens gekom om te kyk of daar al vye aan was, maar hy was altyd teleurgesteld. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hy het hierdie gelykenis uitgespreek: 'n Man het 'n vyeboom gehad wat in sy wingerd geplant was, en hy het gekom en vrugte daaraan gesoek en niks gekry nie. |
| Afrikaans 1983 | Daarna het Hy hierdie gelykenis vertel: “'n Man het 'n vyeboom gehad wat in sy wingerd geplant was. Toe hy vrugte daaraan kom soek maar niks kry nie, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het toe die volgende gelykenis vertel: “Iemand het 'n vyeboom gehad wat in sy wingerd geplant was. Hy het vrugte daaraan gaan soek en niks gevind nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe vertel Jesus vir hulle hierdie gelykenis. Hy het gesê: “Iemand het 'n vyeboom gehad wat in sy wingerd gegroei het. Hy het gaan kyk of daar vye aan die boom is maar hy het niks vye gekry nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarna het Jesus vir die mense ’n verhaal vertel: “Eendag was daar ’n boer wat baie vyebome gehad het. Soos gewoonlik het hy elke jaar kom kyk hoe sy bome dra. Maar daar was een boom wat jaar na jaar nie ’n enkele vy aan gehad het nie. |