Luke 13:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Of daardie agtien op wie die toring in Siloam geval en hulle gedood het, dink julle dat hulle sondaars was bo al die mense wat in Jerusalem gewoon het? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En wat van die agtien mans wat gesterf het toe die toring van Siloam op hulle geval het? Was hulle die ergste sondaars in Jerusalem? |
| Afrikaans 1933/1953 | Of daardie agttien op wie die toring van Siloam geval en hulle gedood het -- dink julle dat hulle meer skuldig was as al die mense wat in Jerusalem woon? |
| Afrikaans 1983 | Of daardie agtien wat dood is toe die toring van Siloam op hulle ineengestort het, dink julle dat hulle skuldiger was as al die ander inwoners van Jerusalem? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Of daardie agttien wat dood is toe die toring van Siloam op hulle geval het, dink julle dat hulle skuldiger was as al die inwoners van Jerusalem? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En onthou julle daardie 18 mense wat almal gesterf het toe die toring van Siloam op hulle geval het? Dink julle hulle het meer verkeerd gedoen as al die ander mense wat in Jerusalem woon? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Julle het dalk ook die nuus gehoor van die Siloamtoring wat in Jerusalem omgeval het. Agtien mense is in daardie ramp dood. Nou sal julle seker ook sê dat hulle groter sondaars was as al die ander inwoners van Jerusalem. Daarom het God hulle nou teruggekry. |