Luke 13:35 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat; en voorwaar Ek sê vir julle, julle sal My nie sien nie, totdat die tyd kom wanneer julle sal sê: Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En kyk, nou word julle huis vir julle leeg agtergelaat. En julle sal My nie weer sien nie totdat julle sal sê: ‘Geseënd is die een wat kom in die Naam van die Here!’” |
| Afrikaans 1933/1953 | Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat. Voorwaar Ek sê vir julle dat julle My sekerlik nie sal sien nie totdat die dag kom wanneer julle sal sê: Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here! |
| Afrikaans 1983 | Kyk, nou word julle stad aan julleself oorgelaat. Maar Ek sê vir julle: Julle sal My sekerlik nie sien nie totdat die dag kom wanneer julle sal uitroep: Loof Hom wat in die Naam van die Here kom! ” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kyk, julle huis word vir julle verwoes agtergelaat. Ek sê vir julle, julle sal My beslis nie weer sien nie, totdat die tyd aanbreek dat julle sal sê, ‘Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here!’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet nou goed luister: Daar sal niemand in Jerusalem oorbly wat lewe nie. Ek sê vir julle: Julle sal My nie weer sien nie tot daardie dag wanneer julle sal sê: ‘ Prys die Man wat kom, die Here het Hom gestuur om sy werk te kom doen.’ ” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom sal daar van julle niks oorbly nie. Jerusalem gaan ’n spookdorp word. “Ek het niks meer om vir julle te sê nie. Maar weet julle, daar kom ’n dag dat julle gedwing sal word om uit te roep: ‘Hy is toe al die tyd die Een wat van die Here af kom. Loof sy Naam!’” |