Luke 13:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | O Jerusalem, Jerusalem, wat die profete doodmaak en stenig die wat na jou gestuur is; hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak soos 'n hen haar geslagte onder haar vlerke bymekaarmaak, en julle wou nie! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “O Jerusalem, Jerusalem, stad wat die profete doodmaak en God se boodskappers stenig! Hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak soos ’n hen wat haar kuikens onder haar vlerke beskerm, maar julle wou My nie toelaat nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en die wat na jou gestuur is, stenig, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak, soos 'n hen haar kuikens onder die vlerke, en julle wou nie. |
| Afrikaans 1983 | “Jerusalem, Jerusalem! Jy wat die profete doodmaak en die boodskappers stenig wat na jou toe gestuur is, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak soos 'n hen haar kuikens onder haar vlerke, maar julle wou nie! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en dié stenig wat na jou gestuur is! Hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak soos 'n hen haar kuikens onder haar vlerke, maar julle wou nie! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Mense van Jerusalem, julle maak die profete dood, julle gooi die boodskappers van God met klippe dood. Ek wou julle baie maal bymekaarmaak soos 'n hen haar kuikens onder haar vlerke bymekaarmaak, maar julle wou nie kom nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Maar terwyl Ek oor Jerusalem praat. Vir julle almal wat daar bly, wag daar bitter swaar tye. Kyk net wat vang julle aan: julle gooi die boodskappers wat God na julle toe stuur met klippe dood! Ek wou julle so graag omhels en julle Vriend wees; glo My, Ek wou. Ek voel oor julle soos ’n hen oor haar kuikens. Maar julle wou niks weet nie. Julle het klaar die rug vir My gedraai. |