Luke 13:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar ek moet vandag en môre en die volgende dag wandel, want dit kan nie wees dat 'n profeet uit Jerusalem omkom nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Ja, vandag, môre, en die volgende dag moet Ek voortgaan op my reis. Want dit sal ondenkbaar wees dat ’n profeet van God op ’n ander plek as in Jerusalem doodgemaak word!
Afrikaans 1933/1953 Maar Ek moet vandag en môre en die volgende dag verder gaan, want dit kan nie gebeur dat 'n profeet buitekant Jerusalem omkom nie.
Afrikaans 1983 In elk geval moet Ek vandag en môre en oormôre die reis voortsit, want dit is ondenkbaar dat 'n profeet op 'n ander plek as Jerusalem omkom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar Ek moet nog vandag en môre en die volgende dag verder gaan, want dit kan nie gebeur dat 'n profeet buite Jerusalem omkom nie.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek weet Ek móét later na Jerusalem gaan, want Jerusalem is die plek waar die mense nog altyd God se profete doodgemaak het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar intussen moet Ek voortgaan met my reis na Jerusalem. Die volgende drie dae moet Ek gebruik om daar uit te kom. Want sê nou Herodes doen wat hy sê, dan gaan Ek nog buitekant Jerusalem dood. En dit mag nie! God se plan is dat Ek daar in die stad moet doodgaan. Dit is nie reg dat sy boodskapper buite die stad sterf nie.