Luke 13:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Hy sê vir hulle: Gaan sê vir daardie jakkals: Kyk, Ek dryf duiwels uit, en Ek genees vandag en môre, en op die derde dag sal Ek volmaak wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Jesus het geantwoord: “Gaan sê vir daardie jakkals dat Ek sal aanhou om vandag en môre duiwels uit te dryf en genesingswonders te doen, en op die derde dag sal Ek my doel bereik.
Afrikaans 1933/1953 En Hy het vir hulle gesê: Gaan vertel daardie jakkals: Kyk, Ek dryf duiwels uit en maak gesond, vandag en môre, en op die derde dag is Ek klaar.
Afrikaans 1983 Maar Hy sê vir hulle: “Gaan sê vir daardie jakkals: ‘Kyk, vandag en môre dryf Ek nog bose geeste uit en maak Ek mense gesond, maar op die derde dag sal Ek my werk klaar maak.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar Hy antwoord hulle: “Gaan sê vir daardie jakkals, ‘Kyk, Ek dryf vandag en môre nog demone uit en maak mense gesond, en op die derde dag bereik Ek my doel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus sê toe vir hulle: “Gaan sê vir daardie man hy is onbelangrik. My werk is nou om duiwels uit mense te jaag en mense gesond te maak. Ek sal my werk klaarmaak wanneer Ek wil.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jesus sê toe: “Gaan sê julle vir daardie skelm dat Ek sal aanhou om siek mense gesond te maak en om duiwels uit te dryf. Ek sal dit vandag doen, en môre, en tot op die derde dag.