Luke 13:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Op dieselfde dag het daar sekere van die Fariseërs gekom en vir Hom gesê: Gaan weg en gaan hiervandaan, want Herodes sal jou doodmaak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Paar minute later het sommige Fariseërs vir Hom gesê: “Gee pad hier as jy wil lewe, want Herodes Antipas wil jou doodmaak!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En op dieselfde dag het sommige van die Fariseërs na Hom gekom en vir Hom gesê: Gaan weg en vertrek hiervandaan, want Herodes wil U om die lewe bring. |
| Afrikaans 1983 | Op daardie selfde oomblik het 'n aantal Fariseërs vir Jesus kom sê: “U moet padgee en na 'n ander plek toe gaan, want Herodes wil u doodmaak.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Juis op dié tydstip het sommige •Fariseërs vir Hom kom sê: “Gaan weg, vertrek hiervandaan, want Herodes wil u doodmaak.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe kom party van die Fariseërs by Jesus en hulle sê vir Hom: “Dit sal beter wees as U weggaan van hier, want koning Herodes wil U doodmaak.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Later daardie dag het ’n paar Fariseërs wat simpatiek teenoor Jesus gestaan het vir Hom kom sê: “U moet dadelik padgee. Ons het gehoor dat Herodes, die heerser oor Galilea, op u spoor is. Hy wil U doodmaak.” |