Luke 13:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daar sal geween en gekners van die tande wees wanneer julle Abraham en Isak en Jakob en al die profete in die koninkryk van God sal sien, en julle self uitgedryf word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “En daar sal groot gehuil en gekners van tande wees, want julle sal vir Abraham, Isak, Jakob en al die profete in die koninkryk van God sien, maar julle sal uitgegooi word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daar sal geween wees en gekners van die tande, wanneer julle Abraham en Isak en Jakob en al die profete in die koninkryk van God sal sien, maar julle self uitgedryf buitentoe. |
| Afrikaans 1983 | “Daar sal julle huil en op julle tande kners wanneer julle Abraham en Isak en Jakob en al die profete binne-in die koninkryk van God sal sien, terwyl julle self buitentoe weggejaag word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar sal 'n geween wees en 'n gekners van tande wanneer julle Abraham en Isak en Jakob en al die profete in die •koninkryk van God sien, maar julle uitgewerp word na buite. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | By die plek waarnatoe julle gaan, sal die mense huil en hard op hulle tande byt van die pyn. Julle sal vir Abraham, Isak en Jakob en al die profete sien daar waar God Koning is, maar God sal julle uitgooi buitetoe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Waarheen dink julle moet daardie mense dan gaan? Na die doderyk toe, natuurlik. En daar is dit een groot hartseerspul. Veral vir dié van julle wat onder die misverstand verkeer dat julle ’n plek gaan kry in God se nuwe wêreld. Weet julle hoe verskriklik dit gaan wees as julle al die groot name uit julle geskiedenis, vir Abraham en Isak en Jakob en die profete, daar in God se wêreld sien, maar julle self moet buite staan? Julle sal huil en skreeu van die pyn. Maar dan is dit natuurlik te laat. |