Luke 13:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wanneer die eienaar van die huis eenmaal opgestaan en die deur toegesluit het, en julle begin buite staan en aan die deur klop en sê: Here, Here, maak vir ons oop; en hy sal antwoord en vir julle sê: Ek ken julle nie waarvandaan julle is nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Wanneer die eienaar die deur gesluit het, sal julle buite staan en aan die deur klop en smeek: ‘Here, maak vir ons oop!’ Maar Hy sal antwoord: ‘Ek weet nie waar julle vandaan kom nie.’
Afrikaans 1933/1953 Wanneer die eienaar van die huis opgestaan en die deur gesluit het, en julle begin buitekant te staan en aan die deur te klop en te sê: Here, Here, maak vir ons oop -- sal Hy antwoord en vir julle sê: Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie.
Afrikaans 1983 “As die eienaar van die huis eers opgestaan en die deur toegesluit het, sal julle buite staan en aan die deur begin klop en roep: ‘Here, maak vir ons oop!’ Maar Hy sal julle antwoord: ‘Ek weet nie waar julle vandaan kom nie.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As die huisbaas eers opgestaan en die deur gaan sluit het, en julle staan buite en klop aan die deur en roep, ‘Meneer, maak vir ons oop!’ sal hy julle antwoord, ‘Ek weet nie waar julle vandaan kom nie.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die tyd sal kom wanneer die eienaar van die huis sal opstaan en die deur sal toesluit. Dan sal julle buite staan en begin klop aan die deur. Julle sal sê: ‘Meneer, maak oop die deur vir ons.’ Maar die eienaar sal vir julle sê: ‘Ek ken julle nie, ek weet nie van waar julle kom nie.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Kom Ek gebruik ’n beeld om vir julle te verduidelik wie almal in my nuwe wêreld plek gaan kry. Weet julle, Ek is soos Iemand met ’n groot huis. Daar is natuurlik oorgenoeg plek in my huis vir almal wat doen wat Ek sê. Maar op ’n dag gaan Ek my huis se deur sluit. Dan sal baie mense wat nog buite staan, probeer inkom.