Luke 13:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit is soos 'n mosterdsaad wat 'n man geneem en in sy tuin gegooi het; en dit het gegroei en 'n groot boom geword; en die voëls van die hemel het in die takke daarvan vernag.
Afrikaans (NLV) 2011 “Dit is soos ’n klein mosterdsaadjie wat in ’n tuin geplant is; dit groei en word ’n boom, en die voëls kom en vind skuiling in sy takke.”
Afrikaans 1933/1953 Dit is soos 'n mosterdsaad wat 'n man geneem en in sy tuin gesaai het; en dit het gegroei en 'n groot boom geword, en die voëls van die hemel het nes gemaak in sy takke.
Afrikaans 1983 Dit is soos 'n mosterdsaadjie wat iemand gevat en in sy tuin geplant het. Dit het gegroei en 'n boom geword, en die voëls het in sy takke kom nes maak.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit is soos 'n mosterdsaadjie wat iemand geneem en in sy tuin gesaai het. Dit het gegroei en 'n boom geword, en die voëls van die hemel het in sy takke kom nesmaak. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is soos 'n mosterd-saad wat iemand in sy tuin plant. Die saad groei en dit word 'n boom, en die voëls maak hulle neste in sy takke.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) God se nuwe wêreld kan vergelyk word met ’n baie klein saadjie soos ’n mosterdsaadjie. Iemand vat dit en gaan plant dit in sy tuin. Uit hierdie piepklein saadjie groei later so ’n groot struik dat dit bo al die ander plante in die tuin uitstaan. Om die waarheid te sê, dis so groot dat al die voëls daarin nes kan maak.