Luke 13:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe Hy dit gesê het, was al sy teëstanders beskaamd, en die hele volk was bly oor al die heerlike dinge wat deur Hom gedoen is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit het sy vyande laat skaam kry. En al die mense was verheug oor die wonderlike dinge wat Hy gedoen het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe Hy dit sê, het al sy teëstanders beskaamd geword; en die hele skare was bly oor al die heerlike dinge wat deur Hom gebeur het. |
| Afrikaans 1983 | Deur dit te sê, het Jesus al sy teenstanders laat skaam kry, maar die hele skare was bly oor al die wonderbaarlike dinge wat Hy gedoen het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Hy dit gesê het, het al sy teenstanders beskaamd gestaan, maar die hele skare was verheug oor al die wonderlike dinge wat deur Hom verrig is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe Jesus dit sê, het sy vyande nie geweet wat om te antwoord nie. Maar al die ander mense was baie bly oor al die wonderlike dinge wat Jesus gedoen het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die ander godsdienstige leiers wat ook vir Jesus kwaad was, het skaam gekry toe hulle hoor wat Hy sê. Maar die res van die mense was oorstelp van vreugde oor alles wat Jesus gedoen het. |