Luke 13:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die Here het hom toe geantwoord en gesê: Jou geveinsde, maak elkeen van julle nie op die sabbat sy bees of sy esel van die stal los en lei hom weg om te water nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Maar die Here antwoord hom: “Julle huigelaars! Julle werk op die Sabbatdag! Wie van julle maak nie op die Sabbat julle os of donkie los in die stal en lei hom uit om te drink nie?
Afrikaans 1933/1953 Toe antwoord die Here hom en sê: Jou geveinsde, maak elkeen van julle nie op die sabbat sy os of esel van die krip los en lei hom weg om hom te laat drink nie?
Afrikaans 1983 Toe sê die Here vir hom: “Julle huigelaars! Maak elkeen van julle nie op die sabbatdag sy bees of sy donkie van die krip los en lei hom weg om hom te laat suip nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar die Here het hom geantwoord: “Skynheiliges! Maak elkeen van julle nie op die Sabbat sy os of sy donkie los van die krip en lei hom uit om te drink nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die Here het vir hom gesê: “Julle is skynheilig. Elkeen van julle maak op die Sabbatdag sy bees of donkie los waar hy by die krip staan en vreet, en julle lei hom weg sodat hy kan water drink.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Julle skynheiliges!” het Jesus dadelik teruggekap. “Gee julle nie op die sabbat vir julle diere kos en water nie? Tel dit nie as werk nie?