Luke 13:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die owerste van die sinagoge het verontwaardig geantwoord, omdat Jesus op die sabbatdag genees het, en aan die volk gesê: Daar is ses dae waarin die mens moet werk; kom dan in hulle en word gesond, en nie op die sabbat dag.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar die hoof van die sinagoge was verontwaardig dat Jesus haar op die Sabbatdag genees het. “Daar is ses dae van die week om te werk,” het hy vir die skare gesê. “Kom op daardie dae om genees te word, nie op die Sabbat nie.”
Afrikaans 1933/1953 Maar die owerste van die sinagoge, wat verontwaardig was dat Jesus op die sabbat genees het, antwoord en sê vir die skare: Daar is ses dae waarop 'n mens behoort te werk; kom dan op die dae en laat julle genees en nie op die sabbatdag nie.
Afrikaans 1983 Die hoof van die sinagoge was verontwaardig omdat Jesus op die sabbatdag iemand gesond gemaak het. Hy sê toe vir die mense: “Daar is ses dae in die week waarop 'n mens moet werk. Julle moet op een van daardie dae kom om julle te laat gesond maak, nie op die sabbatdag nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar die leier van die sinagoge was verontwaardig omdat Jesus iemand op die Sabbat gesond gemaak het, en hy het vir die skare gesê: “Daar is ses dae waarop 'n mens moet werk. Kom dan op daardie dae om genees te word, en nie op die Sabbat nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die leier van die sinagoge was baie ontevrede omdat Jesus iemand op die Sabbatdag gesond gemaak het. Die leier het vir die mense gesê: “Daar is ses dae wanneer 'n mens moet werk. Julle kan op daardie dae kom as julle gesond wil word. Julle moenie op die Sabbatdag kom nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar die hoof van die sinagoge was baie kwaad omdat Jesus iemand op die sabbatdag gesond gemaak het. Hy sê toe vir die mense wat hierdie wonderwerk aanskou het: “Kyk, daar is ses dae waarop ’n mens kan werk. Op daardie dae kan siekes gesond gemaak word. Maar definitief nie op die sabbat nie. Dié man het hier voor ons oë die sabbat oortree.”