Luke 13:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En kyk, daar was 'n vrou wat agtien jaar lank 'n gees van krankheid gehad het, en wat saam gebuig was en haarself glad nie kon oprig nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | het Hy ’n vrou gesien wat deur ’n bose gees inmekaargetrek is. Sy was vir agtien jaar lank kromgetrek en kon nie regop staan nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En daar was 'n vrou wat 'n gees van krankheid agttien jaar lank gehad het, en sy was inmekaargetrek en glad nie in staat om regop te kom nie. |
| Afrikaans 1983 | Daar was ook 'n vrou wat al agtien jaar lank gely het onder 'n bose gees wat haar heeltemal verswak het. Sy was krom getrek en kon glad nie meer regop kom nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En kyk, daar was 'n vrou wat al agttien jaar lank gely het onder 'n gees wat haar siek gemaak het. Sy was kromgetrek, en kon glad nie regop kom nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar was 'n vrou wat gebreklik was, 'n onrein gees het haar 18 jaar lank gebreklik gemaak. Sy het krom geloop en sy kon nie regop staan nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar was ook ’n vrou in die skare wat al agtien jaar lank baie siek was. Haar hele liggaam was inmekaargetrek. Sy kon nie normaal loop nie. |