Luke 13:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daar was in daardie tyd sommige teenwoordig wat Hom vertel het van die Galileërs wie se bloed Pilatus met hulle offers gemeng het.
Afrikaans (NLV) 2011 Omtrent hierdie tyd is Jesus meegedeel dat Pilatus ’n aantal mense van Galilea laat doodmaak het terwyl hulle offers gebring het by die tempel in Jerusalem.
Afrikaans 1933/1953 En in dieselfde tyd was daar mense teenwoordig wat Hom berig gebring het van die Galil,ërs wie se bloed Pilatus met hulle offers gemeng het.
Afrikaans 1983 Juis in daardie tyd het mense vir Jesus kom vertel van die Galileërs vir wie Pilatus laat doodmaak het waar hulle besig was om hulle offerdiere te slag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Juis in daardie tyd was daar mense teenwoordig wat Hom vertel het van die Galileërs wie se bloed •Pilatus met dié van hulle offerdiere gemeng het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Jesus vir die mense gesê het dit is belangrik dat hulle moet lewe soos God wil hê, het party van hulle vir Hom vertel dat Pilatus 'n klomp mense in Galilea laat doodmaak het terwyl hulle offers gebring het vir God.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die mense het vir Jesus kom vertel van ’n verskriklike ding wat Pontius Pilatus, die Romeinse goewerneur in Judea, aangevang het. Hy het ’n klomp mense uit Galilea doodgemaak terwyl hulle in Jerusalem ’n offer aan die Here wou bring. “Dié mense moes seker groot sondaars gewees het. Dis hoekom God dit met hulle laat gebeur het,” het hulle tussendeur bygevoeg.