Luke 12:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar selfs die hare van julle hoof is almal getel. Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies.
Afrikaans (NLV) 2011 Selfs die hare op julle kop is almal getel. Moet dus nie bang wees nie; julle is vir Hom meer werd as ’n hele swerm mossies.”
Afrikaans 1933/1953 Maar selfs die hare van julle hoof is almal getel. Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies.
Afrikaans 1983 Selfs die hare op julle kop is almal getel. Moenie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Selfs die hare op julle kop is almal getel. Moenie bang wees nie – julle is meer werd as baie mossies. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle is vir God baie belangriker as baie mossies. God weet presies hoeveel hare op elke mens se kop is. Daarom moet julle nie bang wees vir mense nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ja, Hy gee so baie vir julle om dat Hy elke haar op julle elkeen se kop getel het. Moet daarom nie bang wees nie. Julle is kosbaar vir God.