Luke 12:54 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Hy sê ook vir die volk: As julle 'n wolk uit die weste sien opkom, sê julle dadelik: Daar kom 'n bui; en so is dit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe het Jesus na die skare gedraai en gesê: “Wanneer julle wolke sien saampak in die weste, sê julle: ‘Hier kom ’n reënbui.’ En julle is reg. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hy het ook aan die skare gesê: Wanneer julle 'n wolk in die weste sien opkom, sê julle dadelik: Daar kom reën! en dit gebeur ook. |
| Afrikaans 1983 | Jesus het ook vir die skare gesê: “As julle 'n wolk in die weste sien opkom, sê julle dadelik: ‘Dit gaan reën!’ en dit gebeur ook. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe sê Hy vir die skare: “Wanneer julle 'n wolk in die weste sien opkom, sê julle dadelik, ‘Daar kom reën!’ en dit gebeur so. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe sê Jesus ook vir die mense: “Wanneer julle 'n wolk in die weste sien, dan sê julle dadelik: ‘Dit sal reën.’ En julle is reg, dit gebeur. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jesus sê toe vir die mense wat na Hom luister: “Julle is sulke goeie weervoorspellers! As julle ’n wolk daar uit die weste sien aankom, sê julle: ‘Dit kom reën.’ En dan gebeur dit ook. |