Luke 12:50 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar ek het 'n doop om mee gedoop te word; en hoe benoud is ek totdat dit volbring is! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar lê ’n vreeslike doop vir My voor, en Ek is onder ’n swaar las totdat dit volvoer is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Ek het 'n doop om mee gedoop te word, en hoe benoud word Ek totdat dit volbring is! |
| Afrikaans 1983 | “Maar daar is 'n doop waarmee Ek gedoop moet word, en dit sal My heeltemal in beslag neem tot dit afgehandel is! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het 'n doop waarmee Ek gedoop moet word, en hoe swaar lê dit nie op My totdat dit afgehandel is nie! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | God sal My baie swaar laat kry, en Ek sal bekommerd en bang bly totdat dit gebeur het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Net soos ’n reusevuur alles aan die brand steek, kom steek Ek die hele wêreld aan die brand. Daar lê egter eers ’n groot ‘vuurdoop’ vir My voor. Eers moet Ek baie swaarkry. Dit is nie ’n lekker vooruitsig nie. |