Luke 12:38 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as hy in die tweede wag kom of in die derde wag kom en hulle so vind, gelukkig is daardie diensknegte.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy kan in die middel van die nag kom of net voor dagbreek. Maar wanneer hy ook al kom, hy sal sy dienaars wat gereed is baie spesiaal behandel.
Afrikaans 1933/1953 En as hy in die tweede of in die derde nagwaak kom, en dit so vind gelukkig is daardie diensknegte.
Afrikaans 1983 Gelukkig is die slawe wat hy wakker aantref, selfs al sou hy eers om middernag of met hanekraai kom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En as hy in die tweede of derde nagwaak kom en hulle só aantref – gelukkig is daardie slawe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, daardie slawe sal waarlik gelukkig wees as hulle gereed is, ook as die eienaar laat in die nag of baie vroeg in die oggend kom en hy sien sy slawe is wakker.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Daardie werkgewer sal selfs nog blyer wees as hy eers in die middel van die nag by sy huis aankom en sy werkers staan steeds getrou daar by die voordeur vir hom en wag. Dan wag daar sommer ’n groot present op hulle.