Luke 12:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En moenie soek wat julle sal eet of wat julle sal drink nie, en moenie twyfel nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “En moenie oor kos bekommerd wees nie — oor wat om te eet en wat om te drink nie. Moenie bekommerd wees nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Julle moet ook nie soek wat julle sal eet of wat julle sal drink nie, en julle nie ongerus maak nie; |
| Afrikaans 1983 | Julle moet julle ook nie gedurig afvra wat julle gaan eet of drink nie, en julle moenie besorg wees nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Moet ook nie soek na dit wat julle moet eet of drink en daaroor besorg wees nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moenie aanhou dink oor wat julle sal eet of wat julle sal drink nie. Julle moenie aanhou bekommerd wees oor alles nie, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Ek sê weer: hou op om julle heeltyd te bekommer oor dinge soos kos en klere. En moenie so angstig wees oor alles nie. Dit is goed waaroor al die nasies van die wêreld wat nie in God glo nie hulle bekommer. |