Luke 12:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Hy het 'n gelykenis aan hulle vertel en gesê: Die grond van 'n sekere ryk man het oorvloedig voortgebring.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe vertel Hy ’n gelykenis: “’n Ryk man het ’n vrugbare plaas besit wat goeie oeste opgelewer het.
Afrikaans 1933/1953 Toe vertel Hy hulle hierdie gelykenis: 'n Ryk man se grond het goed gedra.
Afrikaans 1983 Toe vertel Hy hulle 'n gelykenis: “'n Ryk man se grond het goed gedra.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarna het Hy vir hulle die volgende gelykenis vertel: “'n Sekere ryk man se plaas het 'n goeie oes opgelewer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe vertel Jesus vir hulle 'n gelykenis. Hy het gesê: “Daar was 'n ryk man wat baie koring afgesny het. Toe hulle die koring begin afsny,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kom Ek verduidelik wat Ek bedoel: Eendag was daar ’n baie ryk man. Hy was ’n groot boer wat die een goeie oes na die ander op sy lande gehad het.