Luke 12:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sê vir hom: Man, wie het my 'n regter of 'n skeidsregter oor jou aangestel? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jesus het geantwoord: “Vriend, wie het My as regter oor julle aangestel om oor sulke dinge te besluit?” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Hy antwoord hom: Mens, wie het My as 'n regter of deler oor julle aangestel? |
| Afrikaans 1983 | Maar Hy antwoord hom: “Man, wie het My as regter of deler vir julle aangestel?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar Hy antwoord hom: “Mens, wie het My as regter of bemiddelaar oor julle aangestel? ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Jesus het vir hom gesê: “Man, Ek het nie gekom om regter oor julle te wees of om te besluit wat elkeen moet erf nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Hoor hier, dit is nie my werk om as regter in julle familietwiste op te tree of julle geldsake op te los nie,” het Jesus vinnig geantwoord. |