Luke 11:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek sê vir julle, al sal hy nie opstaan en hom gee nie, omdat hy sy vriend is, maar weens sy belediging sal hy opstaan en hom soveel gee as wat hy nodig het.
Afrikaans (NLV) 2011 Nee, Ek sê vir julle, al sou hy dit nie as vriend doen nie, as jy net lank genoeg aanhou klop, sal hy vanweë jou onbeskaamdheid opstaan en vir jou gee wat jy nodig het.
Afrikaans 1933/1953 Ek sê vir julle, al sou hy ook nie opstaan en vir hom gee omdat hy sy vriend is nie, sal hy tog ter wille van sy onbeskaamdheid opstaan en hom gee soveel as hy nodig het.
Afrikaans 1983 Ek sê vir julle: Al sou hy nie opstaan en dit vir hom gee omdat hy sy vriend is nie, sal hy tog opstaan en hom alles gee wat hy nodig het, omdat hy hom nie skaam om aan te hou vra nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sê vir julle, selfs al staan hy nie op om dit vir hom te gee omdat hy sy vriend is nie, sal hy tog opstaan en vir hom gee wat hy nodig het, omdat die man so onbeskaamd aanhou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nee, Ek sê vir julle, hy sal dadelik opstaan en vir jou die brood gee. Hy sal opstaan en vir jou alles gee wat jy nodig het, omdat jy sy vriend is. Hy sal dit vir jou doen omdat jy sy vriend is. En as hy dit nie dáárom doen nie, dan sal hy dit doen omdat jy aangehou het om te vra.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Nee, natuurlik nie. Goeie vriende help mekaar. Ek sê vir julle, hierdie man sal dadelik opstaan en vir sy vriend brood gee. Ook al doen hy dit nie omdat hulle vriende is nie, sal hy dit doen omdat hy die man jammer kry wat so laat in die nag kos kom soek.