Luke 11:53 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En terwyl Hy hierdie dinge vir hulle gesê het, het die skrifgeleerdes en die Fariseërs Hom heftig begin aanspoor en Hom uitlok om oor baie dinge te praat.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Jesus uit die huis uitgaan, het die wetskenners en Fariseërs baie vyandig begin raak en Hom met vrae bestook oor ’n klomp goed
Afrikaans 1933/1953 En toe Hy dit aan hulle sê, begin die skrifgeleerdes en die Fariseërs Hom skerp in die oog te hou en Hom uit te vra oor baie dinge,
Afrikaans 1983 Toe Hy uit die huis weggaan, het die skrifgeleerdes en die Fariseërs Hom heftig begin aanval. Oor allerlei dinge het hulle aan Hom strikvrae gestel
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nadat Hy daarvandaan vertrek het, het die skrifkenners en die Fariseërs erg vyandiggesind teenoor Hom geraak, Hom oor baie onderwerpe uitgelok
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die skrifgeleerdes en die Fariseërs was van toe af Jesus se vyande. Toe Hy uit die huis gaan, het hulle Hom oor baie dinge uitgevra.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hierdie woorde van Jesus was die laaste strooi. Al die godsdienstige leiers het tegelyk begin praat en skree. Hulle was woedend oor wat Hy gesê het.