Luke 11:51 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Van die bloed van Abel tot die bloed van Sagaria, wat tussen die altaar en die tempel omgekom het; voorwaar Ek sê vir julle, dit sal van hierdie geslag geëis word.
Afrikaans (NLV) 2011 van die moord van Abel af tot die moord van Sagaria wat tussen die altaar en die heiligdom vermoor is. Ja, dit sal sekerlik teen julle gehou word.
Afrikaans 1933/1953 van die bloed van Abel af tot op die bloed van Sagar¡a wat omgekom het tussen die reukaltaar en die huis van God. Ja, Ek sê vir julle, dit sal afgeëis word van hierdie geslag.
Afrikaans 1983 van die bloed van Abel af tot by die bloed van Sagaria, wat tussen die altaar en die tempel doodgemaak is. Ja, Ek sê vir julle, hulle bloed sal van die huidige geslag geëis word!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) van die bloed van Abel tot by die bloed van Sagaria, wat tussen die altaar en die heiligdom om die lewe gebring is. Ja, Ek sê vir julle, dit sal van hierdie geslag geëis word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het begin by Abel. Hulle het hom vermoor en hulle het aangehou om profete te vermoor totdat hulle ook die profeet Sagaria vermoor het. Hulle het hom vermoor tussen die altaar en die tempel. Ja, Ek sê vir julle, die mense wat nou lewe, sal swaarkry omdat hulle voorouers die boodskappers van God vermoor het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ja, Ek bedoel dit! Daar reg van die begin af, van Abel af tot by Sagaria wat by God se huis dood is, sal elke profeet se bloed van julle geëis word.