Luke 11:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Hy sê vir hulle: Wie van julle sal 'n vriend hê, en sal middernag na hom toe gaan en vir hom sê: Vriend, leen my drie brode; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe, om hulle meer van gebed te leer, het Hy hierdie voorbeeld gebruik: “Gestel jy gaan in die middel van die nag na ’n vriend se huis om drie brode te leen en jy sê vir hom: |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hy het vir hulle gesê: Wie van julle sal 'n vriend hê en sal middernag na hom gaan en vir hom sê: Vriend, leen my drie brode, |
| Afrikaans 1983 | Verder sê Hy vir hulle: “Sê nou een van julle het 'n vriend, en jy gaan in die middel van die nag na hom toe en jy vra: ‘Vriend, leen my bietjie drie brode, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hierna het Hy vir hulle gesê: “Gestel een van julle het 'n vriend, en hy gaan om middernag na hom en sê vir hom, ‘Vriend, leen tog vir my drie brode, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het vir hulle nog meer geleer oor gebed. Hy het gesê: “Dink aan 'n goeie vriend van jou, 'n vriend vir wie jy enige iets kan vra. Jy gaan in die middel van die nag na jou vriend toe en jy vra vir hom: ‘My vriend, leen asseblief vir my drie brode, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarna het Jesus vir sy volgelinge ’n verhaal vertel: “Stel julle die volgende toneel voor: ’n vriend kom onverwags in die middel van die nag by ’n man se huis aan. Hy staan toe dadelik op en nooi hom in. Hy wou vir sy vriend iets te ete gee, maar ontdek toe daar is nie ’n krieseltjie kos in sy huis nie. Hy stap toe gou oor na ’n ander goeie vriend van hom en klop hom wakker. ‘Ag, ek is verskriklik jammer om jou so laat in die nag lastig te val. |