Luke 11:48 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Waarlik, julle getuig dat julle die werke van julle vaders toelaat, want hulle het hulle wel doodgemaak, en julle bou hulle grafte. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | So bevestig julle dat julle die dade van julle voorouers goedkeur. Húlle het immers die profete doodgemaak, maar júlle bou hulle grafte op. |
| Afrikaans 1933/1953 | Julle gee dus getuienis vir die werke van julle vaders en het saam welbehae daarin, want hulle het hul gedood en julle bou hul grafte. |
| Afrikaans 1983 | So bewys julle dat julle die dade van julle voorvaders goedkeur, want húlle het die profete vermoor en júlle bou die grafte. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle is dus getuies wat die dade van julle voorvaders goedkeur, want hulle het die profete vermoor, en julle bou hulle grafmonumente. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle voorouers het die profete doodgemaak en julle maak die grafte van die profete mooi. Dit wys julle dink wat julle voorouers gedoen het, is goed en reg. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | En tog is julle die nageslag van die einste mense wat hulle vermoor het. Die appel val nie ver van die boom nie, nè? Julle is elkeen maar net soos julle pa’s en oupas. Hulle het God se boodskappers een vir een doodgemaak, en nou bou julle grafte vir hulle almal. |