Luke 11:46 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê: Wee julle ook, wetgeleerdes! want julle belas die mense met laste wat swaar is om te dra, en self raak julle die laste nie met een van julle vingers aan nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ja,” het Jesus geantwoord, “ellende wag ook vir julle, wetskenners! Want julle belas mense met onmoontlike godsdienstige eise, en julle lig nooit ’n vinger om die las te verlig nie.
Afrikaans 1933/1953 En Hy sê: Wee julle ook, wetgeleerdes, want julle lê laste op die mense wat swaar is om te dra, en self roer julle die laste nie met een van julle vingers aan nie.
Afrikaans 1983 Daarop antwoord Hy: “Julle wetgeleerdes! Ellende wag vir julle ook, want julle laai ondraaglike laste op die mense, en self verroer julle geen vinger om die laste te dra nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarop het Hy gesê: “En ook julle wetskenners, wee julle, want julle belas die mense met ondraaglike vragte, en self raak julle nie met 'n vinger aan die vrag nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En Jesus sê: “Skrifgeleerdes, dit sal met julle ook sleg gaan, want julle wil hê mense moet dinge doen wat vir hulle baie moeilik is. Hulle moet gehoorsaam wees aan die wette wat julle maak, maar julle doen niks om hulle te help nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jesus sê toe vir hom: “Daar wag ook groot probleme op julle spul kenners van die Bybel. Ek sal vir julle sê hoekom. Julle skryf dik boeke vol moeilike godsdienstige reëls en stop dit dan in mense se hande en sê: ‘Gaan doen dit tot op die letter van die wet.’ Maar julle kan self nie eens alles doen wat op bladsy een van julle eie boeke geskryf staan nie.