Luke 11:45 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe antwoord een van die wetgeleerdes en sê vir hom: Meester, so sê U smaad ons ook. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Leermeester,” sê ’n wetskenner, “U beledig óns ook met wat U nou gesê het.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe antwoord een van die wetgeleerdes en sê vir Hom: Meester, as U so spreek, beledig U ons ook. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê een van die wetgeleerdes vir Jesus: “Meneer, as u so praat, beledig u ons ook.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Een van die wetskenners het Hom geantwoord: “Meester, as u dit sê, beledig u ons ook.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe kla een van die skrifgeleerdes en hy sê vir Jesus: “Meneer, wanneer U hierdie slegte dinge sê oor die Fariseërs, dan praat U ook sleg van ons, die skrifgeleerdes.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Een van die kenners van die wet wat saam met Jesus aan tafel was, het Hom skielik onderbreek: “Kyk, jy mag miskien ’n soort leermeester wees, maar nou raak jy beledigend. Jy is nou ook besig om my en my kollegas wat wetskenners is hier voor almal aan te vat.” |