Luke 11:44 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes! want julle is soos grafte wat nie sigbaar is nie, en die manne wat daaroor loop, weet dit nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ja, ellende wag vir julle! Want julle is soos versteekte grafte in die veld. Mense loop daaroor sonder om te weet van die korrupsie waaroor hulle loop.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is soos grafte wat onherkenbaar is, en die mense wat daaroor loop, weet dit nie. |
| Afrikaans 1983 | Ellende wag vir julle, want julle is soos onherkenbare grafte waaroor die mense loop sonder om dit te weet.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wee julle, want julle is soos ongemerkte grafte waaroor die mense loop sonder om dit te besef.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit sal sleg gaan met julle, want julle is soos grafte wat 'n mens nie kan sien nie. Mense loop bo-oor die grafte, en hulle weet dit nie en hulle word onrein.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Swaar tye wag nog vorentoe op julle spul. Julle laat My dink aan ’n klompie weggesteekte grafte waarop almal trap sonder dat hulle dit besef. Julle is eintlik morsdood - julle steek dit net baie goed weg.” |