Luke 11:43 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wee julle, Fariseërs! want julle is lief vir die boonste stoele in die sinagoges en groete op die markte. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ellende wag vir julle, Fariseërs! Want julle hou van die ereplekke in die sinagoges en om eerbiedig gegroet te word wanneer julle deur die markpleine loop! |
| Afrikaans 1933/1953 | Wee julle, Fariseërs, want julle hou van die voorste banke in die sinagoges en die begroetinge op die markte. |
| Afrikaans 1983 | “Ellende wag vir julle, Fariseërs, want julle hou van die ereplek in die sinagoges en om op straat eerbiedig begroet te word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wee julle, Fariseërs, want julle hou van die ereplekke in die •sinagoges en om op die markpleine begroet te word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Fariseërs, dit sal sleg gaan met julle, want julle wil op die belangrikste plekke in die sinagoges sit, en julle wil hê die ander mense moet julle groet op die plekke in die stad waar die mense bymekaarkom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Swaar tye wag nog vorentoe op julle spul. In die godsdienstige byeenkomste hoef ’n mens nie eens na julle te soek nie. Julle sit mos daar op die belangrikste plekke waar niemand julle kan miskyk nie. En dis tog te lekker vir julle om in die winkels of op straat so eerbiedig deur almal gegroet te word. |