Luke 11:39 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die Here vir hom: Nou maak julle Fariseërs die buitekant van die beker en die skottel skoon; maar jou binneste is vol verskeuring en boosheid.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe het die Here vir hom gesê: “Julle, Fariseërs, is so versigtig om die buitekant van die koppie en bord skoon te maak, maar binne-in is julle nog smerig — vol inhaligheid en gemeenheid!
Afrikaans 1933/1953 Maar die Here sê vir hom: Ja, julle Fariseërs, julle maak die buitekant van die beker en die bord skoon, maar van binne is julle vol roof en boosheid.
Afrikaans 1983 Maar die Here sê vir hom: “Ja, julle Fariseërs! Julle maak die buitekant van bekers en borde skoon, maar binnekant is julle self vol inhaligheid en gemeenheid.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar die Here sê vir hom: “Ja, julle Fariseërs, julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon, maar van binne is julle vol inhaligheid en boosheid.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het gesien die Fariseër is verbaas, en Hy sê vir hom: “Julle Fariseërs maak ook die buitekant van bekers en borde skoon, maar julle is heeltemal sleg binne-in julleself en julle wil altyd meer en meer goed hê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jesus sê toe vir hom: “Ja, julle spul Fariseërs laat My dink aan mense wat net die buitekant van ’n beker en ’n skottel skoonmaak, maar die binnekant so vuil los. Julle is so verskriklik skoon en netjies op die oog af, maar binne-in julle wemel dit van die kwaad en van slegte dinge.