Luke 11:36 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As jou hele liggaam dan vol lig is en geen deel donker het nie, sal die geheel vol lig wees, soos wanneer die helder skyn van 'n kers jou verlig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As jou hele liggaam met lig gevul is, sonder donker hoekies, sal jou hele lewe stralend wees asof ’n helder lig op jou skyn.” |
| Afrikaans 1933/1953 | As jou hele liggaam dan verlig is en nie enige deel het wat donker is nie, sal dit heeltemal verlig wees, net soos wanneer die lamp met sy skynsel jou verlig. |
| Afrikaans 1983 | As jou hele liggaam verlig is en nie 'n enkele donker plekkie het nie, sal dit heeltemal verlig wees soos wanneer 'n lamp jou met sy skynsel verlig.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As jou hele liggaam verlig is en daar nie 'n enkele donker plekkie is nie, sal dit heeltemal verlig wees, soos wanneer 'n lamp jou met sy strale verlig.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As jou lewe vol lig is, dan sal jy vol lig wees soos wanneer 'n lamp se lig op jou skyn.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar aan die ander kant: as jou hele lewe vol lig is, is al die donker uit jou lewe verdryf. Dan loop jy nie meer in die een sonde na die ander vas nie. Nee, dan weerkaats al jou woorde en dade God se helder lig.” |