Luke 11:34 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die lig van die liggaam is die oog; as jou oog dus enkel is, is jou hele liggaam ook vol lig; maar as jou oog sleg is, is jou liggaam ook vol duisternis.
Afrikaans (NLV) 2011 Jou oog is die lamp vir jou liggaam. ’n Skoon oog laat lig in jou liggaam inskyn. Maar ’n vuil oog sluit die lig uit en dompel jou in duisternis.
Afrikaans 1933/1953 Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, is jou hele liggaam ook verlig; maar as dit verkeerd is, is jou liggaam ook donker.
Afrikaans 1983 Die lamp van jou liggaam is die oog. As jou oog goed is, is jou hele liggaam ook verlig. Maar as jou oog sleg is, is jou hele liggaam ook sonder lig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die oog is die lamp van die liggaam. As jou oog suiwer is, is jou hele liggaam ook verlig, maar as dit boos is, is jou liggaam ook donker.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jou oog wys hoe jy is. As jou oog reg kyk en jy sien wanneer mense swaarkry, en jy help hulle, dan is jy vol lig. Maar as jou oog verkeerd kyk en jy sien wanneer mense swaarkry maar jy help hulle nie, dan is daar nie lig in jou nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Jou oë is soos ’n lig. As jy op die regte manier daarmee kyk, maak dit alles in jou lewe helder. Maar as jy jou oë nie deur God laat instel om reg te kyk nie, maak jou oë jou hele lewe pikdonker.