Luke 11:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Niemand, as hy 'n lamp aangesteek het, sit dit in 'n skuilplek nie, ook nie onder 'n maatemmer nie, maar op 'n kandelaar, sodat die wat inkom, die lig kan sien.
Afrikaans (NLV) 2011 “Niemand steek ’n lamp op en steek dit dan weg of sit dit onder ’n emmer nie. Inteendeel, dit word op ’n staander geplaas om lig te laat skyn vir almal wat die kamer binnekom.
Afrikaans 1933/1953 En niemand steek 'n lamp op en sit dit in 'n verborge plek of onder die maatemmer nie, maar op die staander, sodat die wat binnekom, die lig kan sien.
Afrikaans 1983 “'n Mens steek nie 'n lamp op en sit dit dan weg in 'n kelder of onder 'n emmer nie. Nee, jy sit dit op 'n staander, sodat die mense wat binnekom, die lig kan sien.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Niemand steek 'n lamp op en plaas dit dan in 'n versteekte hoekie of onder 'n maatemmer nie, maar op 'n lampstaander, sodat die mense wat binnekom, die lig kan sien.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het ook gesê: “Iemand wat 'n lamp opsteek, steek nie die lamp weg in die stoorkamer of maak dit toe met 'n emmer nie. Nee, 'n mens sit die lamp op die plek waar die lamp moet staan sodat almal wat inkom, die lig kan sien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “’n Mens sit nie in die aand ’n lig in jou huis aan en gaan steek dit dan onder ’n bed weg nie. Natuurlik nie. Nee, ’n mens sit ’n lig op so ’n plek in die huis dat dit vir almal kan lig gee. Dan sien hulle mos wat om hulle aangaan. Julle moet ook so maak. Wees ’n lig vir ander wat nog in die donker leef.