Luke 11:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die manne van Nineve sal saam met hierdie geslag in die oordeel opstaan en dit veroordeel; en kyk, hier is 'n groter as Jona. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die mense van Nineve sal ook in die oordeelsdag opstaan en hierdie geslag veroordeel, want hulle het tot inkeer gekom deur die prediking van Jona. En nou is Iemand groter as Jona hier — en hierdie geslag weier om tot inkeer te kom.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Die manne van Ninev, sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want hulle het hul op die prediking van Jona bekeer, en -- meer as Jona is hier! |
| Afrikaans 1983 | Die mense van Nineve sal op die oordeelsdag opstaan saam met die mense van vandag en teen hulle getuig. Die mense van Nineve het hulle immers op die prediking van Jona bekeer. En hier staan Een wat groter is as Jona!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die mense van Nineve sal in die oordeel saam met hierdie geslag opstaan en dit veroordeel, omdat hulle op grond van die prediking van Jona tot bekering gekom het, en waarlik, wat hier is, is groter as Jona.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daardie dag wanneer God die mense sal oordeel, sal die mense van die stad Nineve weer lewe en hulle sal by die mense wees wat nou lewe. Toe Jona vir hulle gepreek het, het die mense van Nineve verander en hulle het begin lewe soos God wil hê. Wanneer God die mense sal oordeel, dan sal die mense van Nineve sê dat die mense wat nou lewe, verkeerd doen en skuldig is, en dat God hulle moet straf. En Ek sê vir julle, hier is Iemand, en dit is Ek, wat baie belangriker is as Jona.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die mense van Nineve sal op die finale oordeelsdag as regters oor hierdie sondige geslag oordeel. Want hulle het hulle bekeer toe Jona met hulle gaan praat het. Dit is baie meer as wat van julle spul gesê kan word. Hier voor julle staan Iemand wat duisend maal belangriker is as Jona, en wat maak julle? Julle wil nie luister nie!” |