Luke 11:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want soos Jona 'n teken was vir die Nineviete, so sal die Seun van die mens ook wees vir hierdie geslag. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wat met hom gebeur het, was ’n teken vir die mense van Nineve dat God hom gestuur het. Wat met My gebeur, sal ’n teken wees dat God My, die Seun van die Mens, na hierdie mense gestuur het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want soos Jona 'n teken was vir die Nineviete, so sal die Seun van die mens ook wees vir hierdie geslag. |
| Afrikaans 1983 | Net soos Jona vir die mense van Nineve 'n teken was, so sal die Seun van die mens 'n teken wees vir die mense van vandag. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Net soos Jona vir die mense van Nineve 'n teken was, so sal die •Seun van die Mens 'n teken wees vir hierdie geslag. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jona was 'n teken vir die mense van die stad Nineve, en so sal Ek, die Seun van die mens, ook vir julle 'n teken wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar Ek sal wel een teken vir julle gee: gaan kyk na die profeet Jona. Iets soortgelyks gaan met My gebeur as wat met hom gebeur het toe hy drie dae in die maag van die vis was. |