Luke 11:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe die volk bymekaargekom het, het Hy begin sê: Dit is 'n slegte geslag; hulle soek 'n teken; en geen teken sal daaraan gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Jona. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Terwyl die skare om Jesus saamdrom, het Hy gesê: “Dit is bose tye hierdie, en hierdie bose geslag hou aan om van My ’n wonderteken te vra. Maar die enigste teken wat Ek hulle sal gee, is die teken van die profeet Jona. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe die skare saamstroom, begin Hy te sê: Hierdie geslag is boos; dit soek na 'n teken, en geen teken sal aan hom gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Jona. |
| Afrikaans 1983 | Toe die mense aanhou saamdrom, het Jesus hulle begin toespreek en gesê: “Die mense van hierdie tyd is 'n verdorwe geslag. Hulle vra 'n wonderteken, maar daar sal geen teken aan hulle gegee word nie behalwe die teken van Jona. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die skare om Hom saamdrom, het Jesus met hulle begin praat: “Hierdie geslag is 'n slegte geslag. Hulle vra 'n teken, maar geen teken sal aan hulle gegee word nie, behalwe die teken van Jona. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Meer en meer mense het rondom Jesus kom staan. Jesus het begin praat en Hy het gesê: “Die slegte mense wat nou lewe, wil 'n wonderteken hê, hulle wil 'n bewys sien. Maar God sal nie vir hulle 'n wonderteken wys nie. Hulle sal net een wonderteken sien, dit is die teken van Jona. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Groot skare mense het om Jesus begin saamdrom. Maar Hy was nie baie tevrede daarmee nie. Hy sê toe vir hulle: “Julle loop om die verkeerde redes agter My aan. Julle steur julle lankal nie meer aan God nie. Nou kom soek julle by My allerhande tekens sodat julle weer so ’n klein rukkie op God se pad kan kom stap. Julle wil hê Ek moet julle met ’n paar wonderwerke vermaak. Ek weier om dit te doen. |