Luke 11:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En terwyl hy hierdie dinge sê, het 'n sekere vrou uit die skare haar stem verhef en vir hom gesê: Geseënd is die moederskoot wat jou gedra het en die lippe wat jy gesuig het.
Afrikaans (NLV) 2011 Terwyl Hy praat, het ’n vrou in die skare uitgeroep: “God seën u moeder — die skoot waaruit U gekom het, en die borste wat U gevoed het!”
Afrikaans 1933/1953 En terwyl Hy dit spreek, het 'n vrou uit die skare haar stem verhef en vir Hom gesê: Salig is die skoot wat U gedra het, en die borste wat U gesoog het.
Afrikaans 1983 Terwyl Jesus nog besig was om te praat, het 'n vrou uit die menigte hardop uitgeroep en vir Hom gesê: “Hoe bevoorreg is die vrou wat U in haar liggaam gedra en aan haar bors gevoed het!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Terwyl Hy dit sê, het 'n vrou in die skare haar stem verhef en Hom toegeroep: “Gelukkig is die moederskoot wat U gedra het en die borste wat U gevoed het!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Jesus hierdie dinge sê, het 'n vrou wat tussen die mense was, hard vir Hom gesê: “Die vrou wat vir U in haar liggaam gedra het, en wat vir U aan haar bors laat drink het, daardie vrou is baie gelukkig.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Jesus dit sê, roep ’n vrou uit die skare skielik opgewonde uit: “O, watter aangrypende dinge sê U nie! Hoe wonderlik moet dit nie wees om ’n kind soos U te hê nie. U ma is die gelukkigste vrou op aarde. Om te dink sy het iemand soos U in die wêreld gebring en U grootgemaak.”