Luke 11:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarna gaan hy en neem sewe ander geeste, slegter as hy, na hom toe; en hulle gaan in en woon daar, en die laaste toestand van daardie man is erger as die eerste.
Afrikaans (NLV) 2011 Dan gaan haal hy sewe ander geeste erger as hyself, en trek in die persoon in en bly in hom. En so is daardie persoon slegter daaraan toe as voorheen.”
Afrikaans 1933/1953 Dan gaan hy en neem sewe ander geeste, slegter as hy self, en hulle kom in en woon daar; en die laaste van daardie mens word erger as die eerste.
Afrikaans 1983 Dan gaan haal hy sewe ander geeste, nog slegter as hy self, en hulle trek in en gaan woon daar. Aan die einde is so 'n man slegter daaraan toe as aan die begin.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dan gaan haal hy sewe ander geeste, slegter as hyself, trek in en woon daar. Die uiteinde van daardie mens is erger as sy begin. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dan gaan haal hy sewe ander geeste wat nog slegter is as hy. Hulle gaan almal saam, en hulle gaan woon in daardie mens. Wanneer dit gebeur, dan is daardie mens nog slegter as wat hy was.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dan gaan haal hy sommer nog sewe ander bose geeste wat blyplek soek. En hulle is nog slegter as hy. Die hele spul van hulle gaan trek dan saam daar in. Sowaar, vir so iemand sou dit baie beter gewees het as hy nie die eerste keer uit die mag van die bose gees bevry is nie. Hy moes God liewer in sy lewe toegelaat het toe hy die keuse gehad het.”