Luke 11:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar wanneer 'n sterker as hy hom oorval en hom oorwin, neem hy van hom al sy wapenrusting waarop hy vertrou het, en deel sy buit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | totdat iemand wat sterker is, hom aanval en oorweldig en sy wapens afneem en wat hy van ander gesteel het, uitdeel. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar as een hom oorval wat sterker is as hy en hom oorwin, neem hy sy volle wapenrusting weg waar hy op vertrou het, en deel sy buit uit. |
| Afrikaans 1983 | Maar as daar een kom wat sterker as hy is en hom oorwin, neem hy al die wapens af waarop hy hom verlaat het, en hy verdeel sy besittings as buit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar as daar iemand aankom wat sterker as hy is, en hom oorrompel, neem so iemand die volle wapenrusting af waarop die sterk man vertrou het, en verdeel die buit. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar as 'n ander man wat sterker is, hom aanval en wen, dan vat die sterker man al die wapens wat die sterk man gedink het sal hom help en beskerm. Dan gee die sterker man alles wat hy gevat het, vir ander mense. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Behalwe natuurlik as jy sterker as hy is. Dan kan jy hom oorrompel en al sy goed vat en dit verdeel. |