Luke 11:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar as Ek met die vinger van God duiwels uitdryf, het die koninkryk van God ongetwyfeld oor julle gekom.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar as Ek bose geeste uitdryf deur die krag van God, dan het die koningsheerskappy van God tot by julle gekom.
Afrikaans 1933/1953 Maar as Ek deur die vinger van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God waarlik by julle gekom.
Afrikaans 1983 Aangesien Ek dus deur die vinger van God bose geeste uitdryf, het die koninkryk van God inderdaad tot by julle gekom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar as Ek deur die vinger van God demone uitdryf, dan het die •koninkryk van God julle bereik.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is die krag van God wat My help om duiwels uit te jaag. Dit bewys dat God die Koning is wat begin het om oor julle te regeer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As julle die regte antwoord gekry het, sal julle moet erken dat Ek die demone in God se groot krag wegjaag. Dan sal julle ook besef: oral waar Ek onder julle aan die werk is, is God aan die werk. Daar raak God se vinger grond. Daar kan julle sien hoe God se nuwe wêreld lyk.