Luke 11:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ander het Hom versoek en by Hom 'n teken uit die hemel gesoek.
Afrikaans (NLV) 2011 Om Jesus te toets het ander vir ’n wonderteken uit die hemel gevra om te sien of Hy van God kom.
Afrikaans 1933/1953 En ander het Hom versoek en van Hom 'n teken uit die hemel begeer.
Afrikaans 1983 Ander wou Hom op die proef stel deur van Hom 'n wonderteken uit die hemel te vra.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ander weer het van Hom 'n teken uit die hemel gevra om Hom te toets.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ander mense wou vir Jesus toets, hulle wou hê Jesus moet bewys dat Hy van God kom. Hulle wou hê Hy moet vir hulle 'n wonderteken wys.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Groep ander mense sê toe vir Jesus: “Doen gou vir ons ’n teken. Ons wil heeltemal seker maak dat jy aan God se kant staan soos jy sê.” Maar Jesus het geweet wat hulle dink.