Luke 11:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy was besig om 'n duiwel uit te dryf, en dit was stom. En toe die duiwel uitgegaan het, het die stomme gepraat; en die mense het gewonder. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Eendag het Jesus ’n bose gees uit ’n man uitgedryf wat nie kon praat nie, en die man se stem het teruggekeer. Die skare was verstom, |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hy het 'n duiwel uitgedryf, en die was stom. En toe die duiwel uitgaan, het die stom man gepraat; en die skare het hulle verwonder. |
| Afrikaans 1983 | Jesus het op 'n keer 'n bose gees uitgedryf uit iemand wat nie kon praat nie. Net nadat die bose gees uitgegaan het, het die stom man begin praat. Die mense het hulle verwonder, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op 'n dag het Jesus 'n demoon wat stom was, uit 'n man gedryf. Nadat die demoon hom verlaat het, het die stomme begin praat. Die skare was verwonderd, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus was besig om 'n duiwel uit 'n man te jaag. Die duiwel het die man stom gemaak. Nadat die duiwel uitgegaan het, kon die man weer praat. Al die mense was verbaas. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarna het die mense ’n man na Jesus toe gebring wat in die mag van die duiwel was. Hy kon nie ’n enkele woord praat nie. Maar Jesus het die duiwel gou uitgedryf. Toe kon hy weer praat. Dit het die omstanders diep geraak. |