Luke 11:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En terwyl Hy op 'n sekere plek besig was om te bid, het een van sy dissipels, toe Hy opgehou het, vir Hom gesê: Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy dissipels geleer het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Eenmaal was Jesus êrens besig om te bid. Toe Hy klaar was, het een van sy dissipels na Hom gekom en gesê: “Here, leer ons om te bid, net soos Johannes sy dissipels geleer het.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe Hy op 'n sekere plek besig was om te bid, sê een van sy dissipels vir Hom nadat Hy opgehou het: Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy dissipels geleer het. |
| Afrikaans 1983 | Jesus was êrens op 'n plek besig om te bid. Toe Hy klaar was, sê een van sy dissipels vir Hom: “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op 'n keer het Jesus op 'n sekere plek gebid, en toe Hy klaar was, het een van sy dissipels vir Hom gesê: “Here, leer ons bid, soos ook Johannes sy dissipels geleer het. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Eendag was Jesus besig om te bid. Toe Hy klaar gebid het, sê een van sy dissipels vir Hom: “Here, leer vir ons hoe ons moet bid, soos Johannes die Doper ook vir sy dissipels geleer het.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Kort daarna het Jesus verder gereis. By een van die plekke waar hulle oorgebly het, het Hy gaan bid. Toe Jesus klaar gebid het, vra een van sy volgelinge Hom: “Here, leer ons asseblief ook om reg met God te praat. Weet U, Johannes die Doper leer sy volgelinge hoe om te bid.” |