Luke 10:41 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Jesus antwoord en sê vir haar: Marta, Marta, jy is versigtig en ontsteld oor baie dinge.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar die Here het geantwoord: “Marta, Marta, jy kwel jou tog oor so baie dinge!
Afrikaans 1933/1953 Maar Jesus antwoord en sê vir haar: Martha, Martha, jy is besorg en verontrus oor baie dinge;
Afrikaans 1983 Maar die Here antwoord haar: “Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar die Here antwoord haar: “Martha, Martha, jy kwel en ontstel jou oor so baie dinge,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die Here het vir haar gesê: “Marta, Marta, jy is bekommerd oor so baie dinge en jy maak jou moeg daaroor.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar die Here het Marta geantwoord: “My liewe Marta, jy hardloop aanmekaar rond. Jy bekommer jou of alles gereed is. Laat staan dit! Dis mos nie waaroor die lewe gaan nie. Daar is net een ding wat regtig saak maak: om God te ken. Maria weet dit. Daarom het sy die regte keuse gemaak. Niemand sal dit ooit van haar kan wegvat nie.”