Luke 10:38 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En terwyl hulle gegaan het, het hy in 'n sekere dorp ingegaan, en 'n sekere vrou met die naam van Marta het hom in haar huis ontvang.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Jesus en sy dissipels hulle reis na Jerusalem voortsit, het hulle in ’n dorpie gekom waar ’n vrou, Marta, hulle in haar huis verwelkom het.
Afrikaans 1933/1953 En op hulle reis het Hy in 'n sekere dorp gekom, en 'n vrou met die naam van Martha het Hom in haar huis ontvang.
Afrikaans 1983 Op hulle reis het Jesus in 'n dorp gekom waar 'n vrou, Marta, Hom as gas ontvang het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Terwyl hulle op reis was, het Hy by 'n sekere dorpie gekom waar 'n vrou met die naam Martha Hom as gas ontvang het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus en sy dissipels het verder gegaan. Hulle kom toe by 'n dorpie. 'n Vrou het Hom genooi om in haar huis te kom. Die vrou se naam was Marta.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarna het Jesus verder gereis Jerusalem toe. Langs die pad het Hy in ’n dorp oorgebly by ’n vrou met die naam Maria.