Luke 10:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En net so het 'n Leviet, toe hy op die plek was, gekom en hom bekyk en aan die ander kant verbygegaan.
Afrikaans (NLV) 2011 “So het ook ’n Leviet daar aangekom, die man een kyk gegee en ook aan die ander kant verbygegaan.
Afrikaans 1933/1953 En net so het ook 'n Leviet by die plek gekom en hom gesien en anderkant verbygegaan.
Afrikaans 1983 Net so het daar ook 'n Leviet by die plek gekom, en toe hy hom sien, gaan hy ook ver langs verby.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En net so het ook 'n Leviet by die plek aangekom, en toe hy hom sien, het ook hy aan die ander kant verbygegaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Leviet het ook daar verbygeloop en hy het dieselfde gedoen. Toe hy die man sien, het hy verbygeloop, op die ander kant van die pad.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Die priester was skaars weg of daar stap ’n Leviet verby, iemand wat in die tempel diens gedoen het. Maar hy het ook gemaak of hy nie die gewonde man raaksien nie en het verder gestap.