Luke 10:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toevallig het 'n sekere priester daar afgekom, en toe hy hom sien, het hy anderkant verbygegaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Toevallig kom daar ’n Joodse priester verby, maar toe hy die man daar sien lê, het hy aan die ander kant by hom verbygegaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | En bygeval het 'n priester met daardie pad afgekom, en toe hy hom sien, gaan hy anderkant verby. |
| Afrikaans 1983 | Dit gebeur toe dat daar 'n priester met daardie pad langs kom, en toe hy hom sien, gaan hy ver langs verby. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Priester het onvoorsiens met daardie pad langs afgegaan en toe hy hom sien, het hy aan die ander kant verbygegaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar het toe 'n priester op dieselfde pad geloop. Toe hy die man sien, het hy verbygeloop, op die ander kant van die pad. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Toevallig stap ’n priester ’n rukkie later daar verby. Maar toe hy die halfdooie man daar sien lê, het hy aan die ander kant van die pad verbygestap en gemaak of hy hom glad nie sien nie. |