Luke 10:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar hy, wat bereid was om homself te regverdig, sê vir Jesus: En wie is my naaste? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar die man wou homself regverdig en vra toe vir Jesus: “En wie is my medemens?” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar hy wou homself regverdig, en sê vir Jesus: En wie is my naaste? |
| Afrikaans 1983 | Maar die wetgeleerde wou homself handhaaf en vra vir Jesus: “En wie is my naaste?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar hy wou homself regverdig, en het toe vir Jesus gevra: “En wie is my naaste?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar die skrifgeleerde wou wys dat hy slimmer is as Jesus. Daarom vra hy toe vir Jesus: “Maar wie is my naaste?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar die kenner van die wet was nog lank nie klaar nie. Hy het sy strikvraag vir laaste gebêre: “Wag eers. Sê my, wie is my medemens van wie die wet praat?” |